Sitkamer is ’n spiksplinternuwe podsending vir enigeen wat belangstel in gesprekke oor Afrikaanse letterkunde. Met ’n uitgesoekte geselskap neem Mercy Kannemeyer die leiding in die eerste gesprek tussen Bibi Burger, Earl Basson, Janien Linde, Alwyn Roux en Remona Voges-Van Huyssteen oor die betekenisassosiasies van 'n sitkamer. Daarnaas gesels Alwyn met Yves T’Sjoen oor die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika en Mercy met die PC Hooft-pryswenner vir poësie Alfred Schaffer. Angie Gallagher is Sitkamer se formidabele redigeerder en Franco Prinsloo die komponis agter die temalied. Volg ons gerus op Sitkamer | Facebook en stuur enige navrae aan [email protected]. Met trots geborg deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Internasionele Vereniging vir Afrikaans (IVA).
Podchaser is the ultimate destination for podcast data, search, and discovery. Learn More